Die Suidelike Ring-newel of NGC 3132, in Engels ook bekend as die Eight-Burst Nebula, is ’n helder en goed bestudeerde planetêre newel in die sterrebeeld Seile. Dit is sowat 2 000 ligjare van die Aarde af.

Eienskappe Beelde van die newel toon twee sterre na aan mekaar: een het ’n skynbare helderheid van 10 magnitude en die ander een van 16. Die kern van die newel, ’n witdwerg, is die dofste. Die ster, met ’n temperatuur van sowat 100 000 kelvin, verlig die newel met sy intense ultravioletstraling.

Sien ook Lys van planetêre newels

Verwysings

Eksterne skakels

Hubble Heritage-publikasie Hubble Heritage-projek – foto van NGC 3132

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:NGC-voorwerpe Kategorie:Planetêre newels Kategorie:Seile (sterrebeeld)