Die Uurglasnewel (ook bekend as MyCn 18) is ’n jong planetêre newel sowat 8 000 ligjare van die Aarde af in die suidelike sterrebeeld Vlieg.

Geskiedenis Die newel is deur Annie Jump Cannon en Margaret Mayall ontdek tydens hul werk aan ’n uitgebreide Henry Draper-katalogus (wat tussen 1918 en 1924 opgestel is). Dit is destyds net aangedui as ’n dowwe planetêre newel.

Nadat teleskope baie verbeter het, is die uurglasvorm van die newel op 18 Januarie 1996 deur Raghvendra Sahai en John Trauger van die Jet Propulsion Laboratory ontdek. Daar word geglo die vorm word veroorsaak deur die uitsetting van ’n vinnige sterwind in ’n stadig uitsittende wolk wat digter by sy ewenaar as by sy pole is. Die newel word dikwels "die oog van God" genoem.

’n Minder bekende "Uurglasnewel" is binne-in die Lagune-newel geleë.

Sien ook Lys van planetêre newels

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Planetêre newels