Die Spirograafnewel, of IC 418, is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Haas. Die naam kom van die ingewikkelde patroon van die newel wat lyk soos ’n patroon geskep deur ’n spirograaf, ’n speelding wat geometriese patrone op papier maak.

Geskiedenis Die Spirograafnewel was waarskynlik net ’n paar miljoen jaar gelede nog ’n rooireusester. Sy kernbrandstof het intussen opgeraak en die buitenste lae het wegbeweeg van die warm, klein kern wat ’n witdwerg sal word.

Die newel is sowat 3 600 ligjare van die Aarde af en is 0,3 ligjaar breed.

Sien ook Lys van planetêre newels

Verwysings

Eksterne skakels Die Spirograafnewel (IC 418) – STScI-nuusvrystelling IC 418: Sterrekundefoto van die dag 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Haas (sterrebeeld) Kategorie:Planetêre newels