duimnael|links|Die Río Putumayo naby die dorp Santana, Colombia duimnael|links|Die Río Putumayo naby die dorp Santana, Colombia Die Río Putumayo (Portugees: Río Içá; Quechua: putu mayu, putu "vrugteboom-vaartuig", mayu "rivier", letterlik "rivier wat ontspring, waar plante groei wie se vrugte gebruik word as gereedskap") is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 610 km, is die grootste rivier in Suid-Colombia. Die Río Putumayo is in sy hele verloop bevaarbaar en dus meer belangrik as die Rio Japurá, wat net noord parallel tot die Río Putumayo vloei.

Die Río Putumayo ontspring naby Pasto in die Colombiaanse Andes uit die La Concha-meer, waar die rivier Guamués genoem word. Aansluitend verlaat die rivier die Andes en vloei dit in 'n suidoostelike rigting deur tropiese reënwoud. Vanaf Puerto Asís vorm die Río Putumayo vir sowat 1 500 km Colombia se suidwestelike grens tot Ecuador en Peru, voordat die rivier weer vir 'n kort tyd net deur Colombia se suidooste vloei. Aansluitend bereik die rivier die grens van Brasilië, waar dit Río Içá genoem word. Naby Santo Antônio do Içá in die deelstaat Amazonas mond die rivier in die Amasonerivier, hier ook Rio Solimões genoem, uit.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Colombia Kategorie:Geografie van Ecuador Kategorie:Riviere in Peru Kategorie:Amazonas