Die Toyota Camry is 'n sedanmotor wat sedert 1982 internasionaal verkoop word deur die Japannese motorvervaardiger Toyota. Die model se geskiedenis strek reeds oor verskeie geslagte heen. Oorspronklik was dit 'n kompakte motor, maar latere Camry modelle het gegroei tot 'n mediumgrootte. Sedert die vrystelling van die wyer weergawes, is die Camry deur Toyota aangewys as die firma se tweede "wêreldmotor" na die Corolla. In Japan is die Camry eksklusief aan "Toyota Corolla Store" kleinhandelaars, maar dieselweergawes is voorheen deur "Toyota Diesel Store" verkoop.

Die Camry-reeks is in die 1990's met die Cressida-reeks in Suid-Afrika opgevolg.Camry-toetsrit 'n belewenis, Beeld, 15 Oktober 1992 In 2006 het die Toyota Avensis die Camry in Suid-Afrika vervang. Die Camry is egter steeds in ander wêrelddele verkoop.Avensus Nuut in Toyota se Stal, Beeld, 24 Augustus 2006

Verwysings

Camry