duimnael|links|Die Río Pilcomayo in die Serranía Aguaragüe, Bolivië duimnael|links|Die Río Pilcomayo naby Villa Montes, Bolivië duimnael|links|Die Río Pilcomayo in Yacaré, Argentinië Die Río Pilcomayo of Río Araguay (Guaraní: Ysyry Araguay [ɨsɨˈɾɨ aɾaˈɣʷaj]; Quechua: Pillkumayu of Pillku Mayu, pillku "rooi" en mayu "rivier", Teofilo Laime Ajacopa, Diccionario Bilingüe, Quechua-Castellano, Castellano Quechua, La Paz, 2007: mayu – s. Río. pillku – adj. Rojo (sínón.: Puka). letterlik "rooi rivier") is 'n groot suidoos-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 500 km, is die grootste westelike sytak van die Río Paraguay. Die Río Pilcomayo is die tweede langste en grootste rivier van Paraguay, die belangrikste hawestad is Asunción, waar die rivier in die Río Paraguay uitmond.

Die Río Pilcomayo ontspring suidoos van die Poopómeer en wes van die Boliviaanse stad Potosí. Aansluitend vloei die rivier vir 'n kort tyd in oostelike rigting net suid van die Boliviaanse hoofstad Sucre en later in suidoostelike rigting tot by die grens van Argentinië. Hier vorm die rivier vir sowat 40 km die grens tussen die twee lande, voordat die rivier die grens van Paraguay bereik. Vanaf hier vorm die rivier sedert 1876 vir 180 km die grens tussen die twee lande. In Paraguay se hoofstad Asunción mond die Río Pilcomayo in die Río Paraguay uit.

In die rivier se stroomgebied woon sowat 1,5 miljoen mense: 1 miljoen in Bolivië op 'n oppervlakte van 98  km², 300 000 in Argentinië op 'n oppervlakte van 79 000 km² en 200 000 in Paraguay op 'n oppervlakte van 95 000 km².

Verwysings

Kategorie:Riviere in Argentinië Kategorie:Riviere in Bolivië Kategorie:Riviere in Paraguay