Solomon Barnato Joel (23 Mei 1865 - 22 Mei 1931) was 'n mynmagnaat en gebore in Londen. Hy was die seun van Joel Joel en 'n neef van Barney Barnato. Hy arriveer in Suid-Afrika as 'n jongman, vestig homself in Johannesburg en word gou 'n vooraanstaande figuur. Hy word gevange geneem tydens die Reform-beweging en word beboet. Na die dood van Barnato en sy eie broer, Wolf, word hy hoof van die firmas Barnato Broers en Johannesburg Consolidated Investment. Hy vestig hom ook in Engeland waar hy bekend word as 'n vooraanstaande renperdeienaar. Sy perd, Pommern, wen die Derby in 1915.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Geboortes in 1865 Kategorie:Sterftes in 1931