Sir George Albu (1857 – 1935) was 'n goudmynpionier en magnaat. Hy is in Berlyn, Duitsland, gebore. Hy arriveer in 1876 in Suid-Afrika. Eers werk hy vir 'n kort tyd in Kaapstad en vestig hom later in Kimberley, saam met sy broer, Leopold. Hy begin 'n onderneming as 'n gelisensieerde diamantverkoper en trek in 1891 na Johannesburg. In 1895 konsolideer hy sy belange in die General Mining and Finance Corporation. In 1911 het George Albu die Parktown-herehuis, Northwards, vir £12 000 gekoop.
Verwysings
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Duitsland Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1935