Thozamile Taki (geb. 1971), ook bekend as die Suikerriet-reeksmoordenaar, is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat 13 vroue tussen 18 en 25 jaar oud vermoor en hul lyke in suikerrietplantasies gelos het. Hy is op 19 Januarie 2011 gevonnis tot 13 keer lewenslange tronkstraf vir die moorde plus 208 jaar, 16 jaar vir elk van die aanklagte van gewapende roof.Hy hoort res van sy lewe in tronk, sê regter, Beeld, 20 Januarie 2011. URL besoek op 5 November 2014
Moorde en vonnis Taki het sy slagoffers gelok met praatjies van werkgeleenthede by groot maatskappye. Dan het hy hulle beroof, vasgebind en verwurg of doodgeslaan. Hy het 10 van sy slagoffers in die suikerplantasies van die dorp Umzinto vermoor en 3 in die teeplantasies van Port St. Johns. Liggaamsdele van sommige slagoffers is glo aan ’n plaaslike sangoma verskaf.
Taki is tydens sy verhoor in die Westville-gevangenis aangehou. Op 21 Februarie 2010 het hy en nog agt gevangenes uit die tronk probeer ontsnap. Hy het van die dak van sy sel op die vierde verdieping geval en is ernstig beseer. Die ander agt het ontsnap. Sy verhoor is uitgestel tot nadat hy herstel het.
Op 2 Maart 2010 het hy in ’n rolstoel in die hof verskyn en gevra dat sy meisie, Hlengiwe Nene, wat aanvankliklik saam met hom tereggestaan het, borgtog kry. Die saak is tot 30 April uitgestel. Op 23 Desember van dié jaar is Taki skuldig bevind op al die aanklagte teen hom. Hy het gelag vir die trane van sy oorlewende slagoffers en die regter het hom as ’n "slinkse, wrede en gevoellose mens" beskryf. Hy is op 19 Januarie 2011 gevonnis tot 13 keer lewenslange tronkstraf vir die moorde plus 208 jaar vir gewapende roof.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Geboortes in 1971 Kategorie:Lewende mense