duimnael|regs|350px|Spoornetwerk van die Natalse Spoorweë, net voordat die Suid-Afrikaanse Spoorweë op 1 Januarie 1912 gestig is.

Die Natalse Regeringspoorweë (Engels: Natal Government Railways (NGR)) was van 1877 tot 1910 die spoorwegoperateur in staatsbesit in die voormalige Natalkolonie. Die kern van die NGR was die spoorlyn vanaf Durban tot Volksrust. Hierdie lyn het Charlestown (4 km van die destydse ZAR-grens) in 1891 bereik en die skakel na die Witwatersrand is in 1895 voltooi. Ander belangrike lyne is die Oranje-Vrystaat-skakel wat Harrismith in 1892 bereik het, die Noordkuslyn en die Suidkuslyn.

Die NGR het 'n belangrike rol in die ekonomiese ontwikkeling van die Natalkolonie gespeel. In besonder, het die NGR die ontginning van die Noord-Natalse steenkoolvelde bespoedig. Voor die ontdekking van goud aan die Witwatersrand, is die NGR deur die Natalse regering gesubsidieer, maar nadat die Witwatersrandskakel voltooi is, het die NGR 'n wins begin toon.

Met die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910 het die NGR op 1 Januarie 1912 saamgesmelt met die Kaapse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë om die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) te vorm.

Natal Railway Company – voorloper van die NGR In die vroeë jare ontwikkel Durban se hawe vlakby die huidige Punt-gebied en die markplein ontwikkel in die gebied van die huidige poskantoor en ou stasiegebou. Die afstand tussen die twee is 3 km en tussen-in lê 'n vlei. In 1859 is die Natal Railway Company (Natalse spoorwegmaatskappy) (NRC) gestig om vrag tussen die hawe en die markplein te vervoer. Later daardie jaar is die nodige wetgewing deur die Natalse regering geproklameer. In die voorjaar 1860 begin die werk om 'n spoorlyn te bou met 'n spoorbreedte van (1435 mm). Die lokomotief is uit Engeland ingevoer en op 23 Junie 1860 voltooi dit sy eerste rit tussen die markplein en die hawe.

In 1863 is daar besluit om die spoor met 7 km uit te brei om stene van die steengroef by Umgeni na die middestad te vervoer. Dié uitbreiding is in Januarie 1867 voltooi. Tussen 1868 en 1874 het die jaarlikse inkomste van die NCR van £3 815 tot £11 116 gestyg, die uitgawes het van £3 005 tot £6 499 gestyg, die bedryfsurplus het van £810 tot £3 815 gestyg. Terselfdertyd het die langtermynlaste van £13 695 tot £2 389 gedaal.

In 1865 besluit die Natalse regering om 'n spoorlyn tussen Durban en Pietermaritzburg te bou. Weens die koste van die spoorweg was dit nie moontlik om privaatkapitaal daarvoor te verkry nie; dus neem die regering in 1877 beheer van die NRC oor teen 'n koste van £40 000 en die Natal Government Railways word gestig. Gedurende die eerste vier jaar is £1,2 miljoen deur die Natalse regering in die NGR belê. Toe die NRC ontbind is, het dit drie tenklokomotiewe, ses vragwaens en een passasierswa besit.

Natal Government Railways duimnael|350px|Profiel van die NGR se hooflyn. Die Natal Government Railways (NGR) is op 1 Januarie 1876 gestig om die spoorweë van die Natal Kolonie te ontwikkel en bedryf. Die kern van die spoorwegstelsel is die hooflyn tussen Durban en die Witwatersrand. Hierdie spoorlyn is in 1895 voltooi en word deur die NGR tot by die grens van die Zuid-Afrikaansche Republiek bedryf. Ander belangrike spoorweë is die Noordkus- en die Suidkus-spoorweg en ook die hooflyn na die Oranje-Vrystaat/Oranjerivierkolonie (OVS). Hierdie spoorlyn, wat oor die Drakensberge loop, verbind Ladysmith met Kroonstad (voltooi in 1906). Al lê meer as 80% van hierdie spoorlyn in die OVS, is dit onder die beheer van die NGR ontwikkel en bedryf.

Voordat Natal in 1893 selfregering gekry het, was die 10 km lange spoorweg tussen Glencoe en die steenkoolmyne op Dundee die enigste taklyn van die NGR, maar toe die NGR op met die Suid-Afrikaanse spoorweë saamsmelt, beslaan die taklyne ongeveer 40% van die NGR se spoorlengte.

Die jaarsyfers van die Natalse Regeringspoorweë is:

JaarGemiddelde AfstandFinansieël (£'000)mylekmInkomsteUitgawe18602377,573,01870610126,3117,0188095.5154582,7477,11889–18902253621507,81393,91899–1900567912886,71990,51909-1098715884293,73530,3

NGR Spoorbou duimnael|Uitsig van The Point, c 1885 Die spoorlyn tussen Durban en Pietermaritzburg is reeds in 1862 voorgestel, maar geen landmeting is voor 1873 gedoen nie. Volgens die Natalse Wet nr. 4 van 1875 is die Natal Government Railways (NGR) gestig en bemagtig om drie spoorlyne vanaf The Point te bou: 'n 78 myl (125 km) spoor tussen Durban en Pietermaritzburg, 'n spoor langs die Natalse Suidkus tot by Isipingo en 'n spoor langs die Natalse Noordkus tot by Verulam. Die Natalse regering het 'n lening van £1,2 miljoen in Londen bekom om die spoorlyn te bou.

Durban na Pietermaritzburg duimnael|links|Die NGR spoorlyn naby Botha's Hill (c 1903) Die spoorlyn na Pietermaritzburg loop deur heuwelagtige landskap en dit sou baie duurder wees om die spoorbreedte van die NRC te gebruik. Dus is die besluit geneem om die Kaapse spoorbreedte van (1067 mm) te gebruik. Hierna moes die ou spoorlyn van die NRC deur die nuwe spoorbreedte vervang word. Die diens op die nuwe spoor tussen The Point en Umgeni begin op 11 Mei 1878.

duimnael|NGR Klas K 2-6-0T met 'n trein op die Inchanga-oorbrug (c. 1884). Volgens die kontrak met die spoorlynbouers is die minimum radius van die spoor 300 vt (91 m) en die steilste helling 1:30. Bouwerk begin op 1 Januarie 1876. Op 4 September 1878 is die 27 km seksie tussen Durban en Pinetown in diens gestel en op 1 Desember 1880 is die hele spoorlyn tussen Durban en Pietermaritzburg in diens gestel. Al is die reguit afstand tussen die twee stasies net 70 km, is die spoorafstand 113 km.Nadat die Inchanga oorbrug gebou is, was die finale roete 'n bietjie korter as die voorgestelde roete Die spoorlyn het vanaf seevlak tot by Richmond Road (931 m bo seevlak) geklim en dan na Pietermaritzburg (633 m bo seevlak) gedaal. Die spoorlyn het die omgewing se kontoere gevolg en daar was net een tonnel tussen die twee stede. In vergelyking, is die huidige spoorlyn tussen die twee stede 106 km lank met 15 tonnels.

Pietermaritzburg na Newcastle links|duimnael|Brug oor die Tugela. Foto geneem in 1907 vanaf Fort Wylie (op die noorde rivieroewer). Hoewel die Voortrekkers steenkool op 'n klein skaal gemyn het, was die volle omvang van die Noord-Natalse steenkoolvelde onbekend totdat Frederick North sy verslag in 1881 gepubliseer het. 'n Verslag van die Britse Regering (1871) vermeld dat dit twee keer soveel kos om steenkool 40 myl per wa na Durban te vervoer as wat dit kos om dit 7 000 myl per see vanuit Londen te vervoer. Dit, tesame met die opening van die diamantvelde in Griekwaland-Wes, dryf die regering van Natal in 1881 om die spoorlyn na Newcastle te verleng met 'n tak oor die Drakensberg om Natal met die diamantvelde te verbind. Nadat die spoorlyn Ladysmith bereik het in 1886, begin die diens vanaf Pietermaritzburg na die noorde. Die afstand na Ladysmith is 182 km en die spoorlyn moes vanuit Pietermaritzburg 922 m klim om die hoogste punt tussen Mooirivier en Estcourt te bereik (1570 m bo seevlak) voordat dit 608 m gedaal het om die Tugelarivier oor te steek.

Toe die spoorlyn tussen Ladysmith en Newcastle (127 km) in 1889 voltooi is, word dit ekonomies haalbaar om steenkool vanuit Noord-Natal na die kus te vervoer. 'n Taklyn (10 km) is ook vanaf Glencoe na die steenkoolmyn in Dundee gebou. Behalwe vir die stuk deur die Biggarsberg is hierdie gedeelte van die spoorlyn taamlik gelyk.

Verbinding met die Boererepublieke duimnael|Volksrust stasie c 1895. Volksrust lê op die ZAR se kant van die Natal/ZAR-grens. Een van die oorspronklike doelstellings van die spoorlyn tussen Pietermaritzburg en Ladysmith was om 'n diens aan die diamantmyne in Griekwaland-Wes te lewer. Dieselfde jaar waarin die spoorlyn Ladysmith bereik het is goud op die Witwatersrand ontdek, dus is daar in 1889 besluit om die spoorlyn vanaf Newcastle tot by die grens van die Zuid-Afrikaansche Republiek te verleng.

duimnael|links|Gen. Piet Joubert, sir Charles Mitchel (Goveneur van die Natal Kolonie) en President Paul Kruger by die opening van die spoorlyn vanaf Newcastle tot die ZAR se grens (1891). Op 7 November 1889, ná 'n ooreenkoms tussen die Regerings van Natal en die Oranje-Vrystaat, is die bou van die spoorlyn tussen Ladysmith en Harrismith begin. Die spoorlyn het die rand van Van Reenenspas in 1891 bereik en op 13 Julie 1892 is die spoorlyn tussen Ladysmith en Harrismith deur die Natalse Goewerneur en die President van die Oranje-Vrystaat geopen. Al lê 37 km van die spoorlyn in die Oranje-Vrystaat, was sy hele lengte (96 km) die eiendom van die NGR. Die Vrystaatse deel van die spoorlyn is taamlik plat (tussen van Reenen en Harrismith daal die spoorweg met 60 m), maar in Natal moes die spoorlyn 670 m binne 59 km klim. Drie sigsagte is gebou om die steil hellings in die Drakensberg te oorkom. Harrismith het die eindpunt van die spoorlyn gebly tot na die Tweede Vryheidsoorlog. Tussen 1903 en 1906 is die 255 km skakel tussen Harrismith en Kroonstad in fases geopen.

Ná die ontdekking van goud was daar 'n wedloop tussen die Kaapkolonie en Natal om die Witwatersrand met die kus te verbind. Voordat die spoorlyn van Ladysmith Newcastle bereik het, is daar 'n ooreenkoms bereik tussen die regerings van Natal en van die Zuid-Afrikaansche Republiek om die spoor van Newcastle tot aan die Witwatersrand te verleng. Die spoor het Newcastle op 15 Mei 1890 bereik en is onmiddellik verleng tot by Charlestown, die laaste dorp in Natal voor die ZAR se grens bereik is. Die spoorweg, wat 452 m binne 57 km tussen Newcastle en Charlestown moet klim, is deur President Kruger van die ZAR en die Goewerneur van Natal geopen op 7 April 1891. Om Laingsnekpas deur te kom, was dit nodig om 'n 674 m tonnel te bou.

Om staatkundige redes is die spoorlyn nie met die spoornetwerk van NZASM verbind totdat die NZASM se spoorlyn na Delagoabaai klaar was nie, dus vertrek twee tot drie hondered waens elke dag na verskeie gedeeltes van Transvaal. Die Delagoabaailyn is op 1 Januarie 1895 in diens gestel. Ingevolge van 'n ooreenkoms op 3 Februarie 1894 tussen die ZAR Regering en die NGR, het die NGR die 250 km skakel tussen Natal/ZAR grens en die bestaande NZASM spoornetwerk gebou. Die eerste helfte van 210 km spoorlyn tussen die grens en Heidelberg is op 27 April 1895 geopen en die tweede helfde is op 15 November 1895 geopen. Op 1 Desember 1895 is die 4 km skakel tussen die grens en Charlestown geopen en op 15 Desember is die 41 km skakel tussen Heidelberg en Union Junction (9 km van Germiston) geopen. In 1899 duur die reis tussen Durban en Pretoria uur.

Kuslyne en Taklyne Toe die NGR in 1875 gestig is, is dit gemagtig om langs die Noordkus 'n 32 km spoorlyn van Durban na Verulam te bou en langs die Suidkus 'n 17 km spoorlyn van Durban tot Isipingo te bou.

duimnael|Spoorbrug (405 m lank) oor die Tugelarivier, omtrent 15 km van die see af. Foto c 1911. Destyds was daar al 'n spoorlyn vanaf Durban na Umgeni, maar dit was die 1,435 mm spoorbreedte van die NRC, nie die Kaapspoorbreedte (1,067 m) van die NGR nie. Aangesien daardie spoorlyn al in diens was, is dit in 1877 met 'n nuwe Kaapspoorbreedte-spoor vervang. In 1879 is die 26 km verlenging van die noordkusspoorlyn tot by Verulam geopen. Die suidkustaklyn begin by Rossburgh stasie, 'n hooflynstasie ongeveer 7 km van Durban af. In 1880 is die 10 km verlenging na Isipingo (10 km) geopen.