Christopher Mhlengwa Zikode, ook bekend as die Donnybrook-reeksmoordenaar, is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat in 1995 skuldig bevind is aan agtSerial Murderers and their Victims. moorde, vyf verkragtings, vyf pogings tot moord en twee onsedelike aanrandings. Hy is egter vermoedelik verantwoordelik vir minstens 18 moorde en 11 pogings tot moord.Serial Killer Hit List

Moorde en vonnis Zikode het ’n skrikbewind gevoer op die dorp Donnybrook, KwaZulu-Natal. Hy het in die loop van twee jaar huise aangeval, asook vroue wat alleen loop. Hy sou ’n huis binnegaan en al die mans doodskiet. Hy sou dan die vroue na nabygeleë landerye of plantasies neem en hulle herhaaldelik verkrag, soms tot vyf uur lank en dikwels terwyl hulle gewond was. As die vroue nie wou saamwerk nie, het hy hulle doodgeskiet en dan nekrofilie gepleeg.

Een slagoffer se kopvel is afgeslag, haar oë uitgesteek en haar nek deurgesny. Die linkerbors en geslagsdele is verwyder.Meisie (12) beskryf hoe sy, ma herhaaldelik verkrag is, Beeld, 12 Junie 1997. URL besoek op 5 November 2014 Verskeie ander vroue is op dieselfde wrede manier vermink en vermoor. Die slagoffers het almal binne 3 km van sy huis af gewoon.

Zikode is in Julie 1995 die eerste keer in hegtenis geneem vir die poging tot moord op Beauty Zulu. Terwyl hy op brogtog uit was, het hy minstens nog een moord gepleeg en twee mense probeer vermoor. Hy is op 29 September 1995 weer in hegtenis geneem. Hy is op 7 Januarie 1997 gevonnis tot 140 jaar tronkstraf.

"Jy het nie ’n greintjie respek vir menselewens nie en jou houding teenoor vroue is veragtelik," het die regter gesê toe hy hom vonnis.Dié reeksmoordenaar `sal in die tronk sterf', Beeld, 1 Julie 1997. URL besoek op 5 November 2014 Hy het gesê Zikode se moorde was die gevolg van ’n primitiewe drang om sy buitengewone sekslus te bevredig.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse verkragters Kategorie:Lewende mense