Bulelani Mabhayi (geb. 1974), ook bekend as die Monster van Tholeni, is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat gevonnis is weens die moord op 20 mense.

Moorde en vonnis Van Mei 2007 tot 11 Augustus 2012 het Mabhayi 10 vroue en 9 kinders vermoor op die dorp Tholeni in die Oos-Kaap. ’n Vrou van ’n ander dorp is ook vermoor. Hy het snags by huise ingebreek waar daar nie mans was nie. Hy sou dan sommige van sy slagoffers verkrag en hulle met ’n byl of panga doodkap.

Sy jongste slagoffer was 14 maande oud en sy oudste 79 jaar.

Op 17 Mei 2010 is Mabhayi en ander plaaslike mans bo 16 jaar se DNS getoets en hul vingerafdrukke geneem. Mabhayi se vingerafdrukke kon glo nie geneem word nie omdat hy geen identifikasie by hom gehad het nie. Hy is gevang nadat hy op 11 Augustus 2012 ’n skoen op ’n moordtoneel gelos het.

Mabhayi is skuldig bevind op 20 aanklagte van moord, 6 van verkragting en 10 van inbraak. Hy is op op 3 September 2013 gevonnis tot 25 keer lewenslange tronkstraf.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars

Verwysings

Eksterne skakel Murderpedia, Bulelani Mabhayi

Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse verkragters Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense