Wolf Joel (1864–1898) was 'n mynmagnaat wat in Londen gebore is. Hy was die seun van Joel Joel, broer van Solomon Joel en 'n neef van Barney Barnato. Hy arriveer in Suid-Afrika in 1889 en was 'n gewilde persoon in die vroeë Johannesburg. In 1898 het die Duitse avonturier, Kurt von Veltheim, hom in 'n komplot probeer dwing om president Paul Kruger te vermoor. Von Veltheim skiet hom in sy kantoor toe hy weier. Hy het 'n boedel van £2 000 000 nagelaat.
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau Crafford, F.S. (1943) Jan Smuts, New York: The Country Life Press
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1864 Kategorie:Sterftes in 1898