Johannes Mashiane, ook bekend as die Ondier van Atteridgeville is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar en verkragter wat na bewering minstens 13 mense aangeval het voordat hy in 1989 selfmoord gepleeg het. Hy is deur die polisie in die Pretoriase voorstad Marabastad gejaag toe hy voor ’n bus ingespring het.
Mashiane se eerste moord was omstreeks 1977 op sy meisie. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en is in 1982 vrygelaat. Daarna het hy dadelik op ’n tog van moord en sodomie gegaan wat gelei het tot die dood van minstens 12 jong seuns. Hy het hulle óf verwurg óf met klippe doodgegooi. Een slagoffer het sover bekend Mashiane se aanval oorleef.
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse pedofiele Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Suid-Afrikaanse dade van selfmoord Kategorie:Suid-Afrikaanse verkragters Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Sterftes in 1989