Tau Ceti f is ’n onbevestigde eksoplaneet wat dalk om die Sonagtige ster Tau Ceti wentel op ’n afstand van 11,905 ligjare van die Son af. Dit is die vyfde naaste planeet aan die ster. Dit is merkwaardig vanweë sy eienskappe as superaarde en ’n wentelbaan in Tau Ceti se uitgebreide bewoonbare sone.
Ontdekking Nes die ander vier planete van Tau Ceti is die planeet waargeneem danksy skommelings in die ster se radiale snelheid. Weens dié ontdekkingsmetode is min van sy eienskappe bekend buiten sy wentelbaan en massa. Dit wentel elke 642 dae om die ster en het ’n minimum massa van 6,6 aardmassas, wat beteken dit is ’n superaarde.
As Tau Ceti f ’n aardplaneet is, sal dit waarskynlik minstens 2,3 keer so groot soos die Aarde wees. As dit ’n aardagtige atmosfeer het, sal die temperatuur op die oppervlak sowat -40 °C (233 K) wees. As die atmosfeer digter is, kan ’n sterker kweekhuiseffek geskep word en kan dit dus warmer wees – tussen 0 °C en 50 °C, warm genoeg om ingewikkelde lewe te onderhou.
Sien ook Bewoonbare sone Superaarde
Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone