KOI-1686.01 is ’n onbevestigde KOI-kandidaat-eksoplaneet sowat 1 033,8 ligjare van die Aarde af. Dié KOI (Kepler-voorwerp van belang)-kandidaat het ’n radius van 1,33 keer dié van die Aarde en is dus ’n superaarde.
KOI-1686.01 wentel in die bewoonbare sone om ’n dowwe ster, KOI-1686, en is waargeneem danksy sy oorgang voor die ster (van die Aarde af gesien). Die ster is effens koeler as die Son.
Sien ook Bewoonbare sone Superaarde
Verwysings
Eksterne skakels Kepler-sending – Nasa Kepler: KOI-datasoektog 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone Kategorie:Eksoplanete ontdek deur Kepler