Die Suid-Afrikaanse Klas 18E, Reeks 1 van 2000 is 'n elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë en later Spoornet en Transnet Freight Rail gebruik is. Die lokomotief benodig 3 kV gelykstroom toevoer.

Die oorspronklike lokomotiewe is van 1976 tot 1985 deur Union Carriage & Wagon in Nigel, Transvaal, gebou met die elektriese toerusting verskaf deur General Electric Company (GEC). UCW het nie bounommers aan die lokomotiewe toegeken nie, maar die SAR-eenheidnommers vir hulle rekordhouding gebruik.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine