Die Klas 9 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Daar was vyf lokomotiewe bestel in 1904 by Vulcan Foundry volgens die ontwerp van P.A. Hyde van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë. Die lokomotief was nie toegerus met 'n superverhitter nie, maar wel met Stephenson-klepratwerk.

Gebruik Die Klas 9 was nuttig vir passasierswerk met 'n matige vrag, en het vir baie jare die pos/pakkettreine getrek vanaf Johannesburg oppad na Durban sover as Charlestown op die Transvaal-Natalgrens. Later het hulle hoofsaaklik passasierswerk op die hooflyne van Transvaal gedoen, met hul laaste werkslopies uit Pretoria op die Pietersburglyn in die 1920's. Hul is aan diens onttrek in 1926.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine Kategorie:Stephenson-klepratwerk