Die Klas 11 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Die lokomotiewe is ontwerp deur P.A. Hyde om diens te verrig op die goederelyne van die Witwatersrand. Hyde het op daardie stadium vir die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk. Ses-en-dertig lokomotiewe is afgelewer deur die North British Locomotive Company in 1904. Hulle was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhitters. Ongelukkig was die lokomotiewe baie swaar en moes vir 'n jaar lank wag vir brûe en spoorlyne om versterk te word alvorens hulle in diens gestel is. pp. 10–11, 54. Hulle het aanvanklik op die Germiston - Witbanktrajek gewerk, maar hulle is in die 1940's oorgeplaas na Kimberley en Port Elizabeth totdat hulle uit diens onttrek is in 1975.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine