duimnael|280px|Paulus lewer die Areopagospreek in Athene, deur Raphael, 1515 duimnael|280px|Inskrif op 'n metaalplaket wat die apostel Paulus se preek bevat, by die Areopagos, Athene, Griekeland
Die Areopagosrede verwys na 'n preek wat deur die apostel Paulus in Athene gelewer is, by die Areopagos, en wat in Handelinge 17:16-34 beskrywe word.Christianity: an introduction deur Alister E. McGrath 2006 , bladsye 137-141Theology of the New Testament deur Udo Schnelle (1 November 2009) , bladsy 477 Die Areopagospreek is een van die mees dramatiese en mees volledige van die toesprake in die sendingloopbaan van Paulus van Tarsus, en volg op 'n korter toespraak in Listra (kyk Handelinge 14:15-17).Mercer Commentary on the New Testament deur Watson E. Mills 2003 , bladsye 1109-1110
Geskiedenis Die aanleiding vir die preek was dat Paulus verontwaardig gevoel het by aanskoue van Athene wat vol afgodsdiens was, en dan die sinagoge en markplek besoek het om te preek oor die opstanding van Jesus. Sekere Grieke het hom na 'n ontmoeting by die Areopagos geneem, die hoë appélhof in Athene, om sy standpunt te verduidelik. Areopagos het letterlik rots van Ares beteken, en was te midde van tempels, kultuurgeriewe en die appélhof geleë. Dit was teen die wet om 'n vreemde godheid in Athene te verkondig, en daarom was Paulus se preek in werklikheid 'n kombinasie van 'n "gastoespraak" en 'n verhoor.Paul: A Brief History deur Robert Paul Seesengood 2010 , bladsy 120.
Die preek het vyf hoofsake aangeraak: Inleiding: Bespreking van die onkundigheid van die heidense aanbidding (verse 23-24) Die een Skeppergod as die objek van aanbidding (verse 25-26) Die aard van God se betrokkenheid by die mensheid (verse 26-27) Afgode van goud, silwer en klip as objekte van valse verering (verse 28-29) Slotsom: Die tyd van onkundigheid het ten einde geloop (verse 30-31)
Hierdie preek illustreer die vertrekpunte van die pogings om die aard van Christus te verklaar en is 'n vroeë stap op die ontwikkelingspad van Christologie.
Paulus begin sy rede deur te beklemtoon dat dit nodig is om God te ken, eerder as om die onbekende te aanbid: "Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: AAN 'N ONBEKENDE GOD.ΑΓΝΩΣΤΩ ΘΕΩ, d.w.s. Agnostos Theos Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle."
Paulus het dan konsepte soos die opstanding van die dooies en verlossing verduidelik, in effek 'n voorspel tot die toekomstige debat van Christologie.
Volgens Handelinge van die Apostels het enige van die aanhoorders ná hierdie preek navolgers van Paulus geword. Dit het 'n vrou met die naam Damaris, en Dionisius, 'n raadslid van die Areopagos ingesluit. Laasgenoemde is al aan Dionisius die Areopagiet gelyk gestel, maar dit mag op historiese verwarring berus.
In die 20ste eeu, het Pous Johannes Paulus II die moderne media as die Nuwe Areopagos geskilder, waar Christenidees opnuut teen ongeloof en afgode van goud en silwer verduidelik en verdedig moet word.Consuming religion: Christian faith and practice in a consumer culture deur Vincent J. Miller 2005 , bladsy 99
Verwysings
Kategorie:Paulus van Tarsus Kategorie:Christendom Kategorie:Athene