Die nasionale vlag van Jordanië is op 18 April 1928 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant waarin ’n wit sewepuntige ster is.
Simboliek Rooi, wit, groen en swart is tradisioneel die Pan-Arabiese kleure. In die vlag van Jordanië stel die kleure die volgende voor: swart stel die Abbasidiese Kalifaat voor, wit stel die Omajjadiese Kalifaat voor, groen stel die Fatimidiese Kalifaat voor en rooi stel die Hasjemiete en die Arabiese Opstand voor. Die sewepuntige ster stel die sewe verse van die eerste soera in die Koran en die eenheid van die Arabiese volk voor. Sommiges is van mening dat die ster die sewe heuwels waarop Amman, die hoofstad, gebou is, voorstel.
Kleure duimnael|Wapperende vlae van Jordanië Die kleurskema word hieronder gelys:
30px RGB 206/17/38 255/255/255 0/122/61 0/0/0 Heksadesimaal #ce1126ff #FFFFFF #007a3dff #000000ffCMYK 0/92/82/19 0/0/0/0 100/0/50/52 0/0/0/100
Interpretasie van kleure Skema TekstielkleurRooi Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid.Wit Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms. Groen Die Fatimidiese dinastie; Ali, die neef en skoonseun van Mohammed. Swart Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede.
Ander vlae
Soortgelyke vlae
Sien ook
Wapen van Jordanië
Verwysings
Eksterne skakels
Jordanië by Flags of the World.
Kategorie:Jordanië Jordanie