Die Suid-Afrikaanse Klas 19E is 'n unieke Suid-Afrikaanse elektriese lokomotief van die Transnet Freight Rail-era.

In 2009 het Transnet Freight Rail die eerste van 110 nuwe Klas 19E-lokomotiewe in diens geplaas op die "Coalink"-lyn van Ermelo na Richardsbaai.Railways Africa, 29 Aug 2008: First 19E LocoSouth African Railway News, 9 April 2009: TFR Klas 19E toetstrein / Inligting Dit beskik oor 'n Bo-Bo-wieluitleg, en is 'n enkelkajuit, dubbelspanning lokomotief. Dit kan dus outomaties oorskakel op trajekte met verskillende elektriese spannings, nl. 3 kV gelykstroom of 25 kV wisselstroom, waar nodig.

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine