Die Klas 4 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die 20ste eeu gebruik is. Die klas het twee subklasse.
Klas 4 Hierdie klas is 'n Kaapse Regeringspoorweë (CGR)-lokomotief en ontwerp deur H.M. Beatty in 1911. Die eerste twee lokomotiewe was toegerus met Stephenson-klepratwerk en D-kleppe en was nie met superverhitters toegerus nie. Hulle het hoofsaaklik op die Kaapse hooflyn diens gedoen en was uit diens gestel in 1938.pp. 38–39.
Klas 4A Tien lokomotiewe is bestel by North British Locomotive Company in 1913 en 1914. Hulle was toegerus met superverhitters, Walschaerts-klepratwerk en geklassifiseer as Klas 4A. Vir die eerste tien jaar het hulle op die Kaapstad-Mafekinghooflyn diens gedoen en daarna is hulle oorgeplaas na die Witwatersrand waar hulle vir vele rolle aangewend is, veral op die Zeerust, Volksrust en Breytentrajekte.
Klas 4AR Wanneer Klas 4A toegerus word met Nommer-2 stoomketels word hulle as Klas 4AR herklassifiseer. Die laaste van die klas het rangeerdiens gedoen in die Wes-Rand en is uit diens onttrek in 1974.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine Kategorie:Stephenson-klepratwerk