duimnael|300px|Suid-Afrikaanse Klas 5E-lokomotief by Paardeneiland depot. Union Carriage & Wagon (UCW) is 'n treinvervaardiger geleë in Nigel, Suid-Afrika. In 1964 het UCW hul eerste elektriese lokomotiewe aan die Suid-Afrikaanse Spoorweë gelewer, die Suid-Afrikaanse Klas 5E1, Series 2. Die Klas 5E1 was ook die eerste elektriese lokomotief wat in groot hoeveelhede in Suid-Afrika vervaardig is.South African Railways Index and Diagrams Electric and Diesel Locomotives, 610mm and 1065mm Gauges, Ref LXD 14/1/100/20, 28 Januarie 1975
In 1974 het UCW die internasionale mark betree met bestellings wat uit Angola en Zambië ontvang is.
Spoorwaens vir die Gautrein is by UCW se aanleg in Nigel gemonteer, onder 'n vennootskapsooreenkoms met Bombardier Transportation.
In 1987 het Commonwealth Engineering se moedermaatskappy, Australian National Industries, sy aandeelhouding aan Malbak Limited verkoop. In Oktober 1996 is die onderneming aan Murray & Roberts verkoop.UCW Murray & Roberts In Februarie 2013 is UCW deur Commuter Transport Engineering gekoop.South Africa's CTE acquires Union Carriage & Wagon International Railway Journal 4 Februarie 2013
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webtuiste
Kategorie:Suid-Afrikaanse sakeondernemings Kategorie:Treine