Die Klas 3 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Die klas het drie subklasse.
Klas 3 Die klas was ontwerp deur D.A. Hendrie en gebou deur North British Locomotive Company in 1909 en 1910. Hulle moes steenkool trek op die boonste gedeelte van die KwaZulu-Natal hooflyn. Hulle was 'n verbetering op Klas 1 met 'n groter vuurkas wat 'n addisionele twee wiele vereis het. Die klas was by die NGR bekend as Hendrie D maar is in 1910 deur die SAS&H as Klas 3 geklassifiseer. Die klas was nie toegerus met 'n superverhitter nie en het 'n D-klep gebruik.
Klas 3R Nadat die klas met nuwe nommer 2-stoomketels toegerus is, is hulle geklassifiseer as Klas 3R. Die lokomotiewe is later slegs vir rangering in Bloemfontein en Kaapstad gebruik en teen 1970 was almal in Kaapstad gebruik waar hulle in 1974 uit diens gestel is. p. 36
Klas 3A Na 'n besoek aan Amerika deur Hendrie het die American Locomotive Company een eksperimentele lokomotief beskikbaar gestel vir gebruik in Suid-Afrika. In Amerika was die lokomotief bekend as American D en in Suid-Afrika het dit die bynaam van Maude Allen gehad. Die lokomotief was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en 'n superverhitter, die eerste een in KwaZulu-Natal. Die lokomotief was geklassifiseer as Klas 3A en in 1935 uit diens gestel.
Klas 3B en Klas 3BR 'n Behoefte het ontstaan vir nog Klas 3 lokomotiewe en die Hoofmeganiese ingenieur, D.A. Hendrie het die ontwerp verbeter. Die nuwe lokomotiewe is toegerus met superverhitters en suier kleppe. Om plek te maak vir die nuwe suiers is die treeplanke hoër gemaak. Tien van die lokomotiewe is afgelewer deur North British Locomotive Company in 1912 en is geklassifiseer as Klas 3B. Wanneer hulle stoomketels vervang was met die standaard nommer 2-stoomketel is hulle as Klas 3BR geklassifiseer.
Die lokomotiewe was aanvanklik op die boonste gedeelte van die KwaZulu-Natal se hooflyn gebruik, later in die Oos-Transvaal en oostelike Kaap totdat hulle eindelik in Kaapstad slegs rangeerwerk gedoen het. Hulle is ook in 1974 uit diens onttrek.
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine