Gliese 832 c is ’n eksoplaneet sowat 16 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Kraanvoël. Dit wentel in die bewoonbare sone om ’n rooidwergster, Gliese 832.

Dit is die vierde naaste moontlike bewoonbare eksoplaneet. Die naaste een is Tau Ceti e, sowat 11,9 ligjare van die Aarde af.

Beskrywing Gliese 832 c het ’n massa van sowat 5,4 keer dié van die Aarde. ’n Deel van sy wentelbaan is naby die binneste rand van die bewoonbare sone. Dit het vermoedelik min of meer dieselfde temperatuur as die Aarde, maar dit sal afhang van hoe ellipties sy wentelbaan is. Vanweë sy groot massa kan dit ook ’n digte atmosfeer hê en dan sal dit meer soos die planeet Venus wees – taamlik onbewoonbaar.

Die planeet wentel elke sowat 36 dae om die ster. Hoewel dit baie nader aan sy ster is as die Aarde aan die Son, is Gliese 832 ’n rooidwerg en die planeet kry dus min of meer dieselfde energie van sy ster as die Aarde.

Sien ook Bewoonbare sone Superaarde

Verwysings

Eksterne skakels ’n Kunstenaarsvoorstelling van Gliese 832 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone