Tau Ceti e is ’n onbevestigde eksoplaneet wat dalk om die Sonagtige ster Tau Ceti wentel op ’n afstand van 11,905 ligjare van die Son af. Dit is die vierde naaste planeet aan die ster. Dit is merkwaardig vanweë sy eienskappe as superaarde en ’n wentelbaan aan die warm binneste rand van Tau Ceti se bewoonbare sone.

Ontdekking Nes die ander vier planete van Tau Ceti is die planeet waargeneem danksy skommelings in die ster se radiale snelheid. Weens dié ontdekkingsmetode is min van sy eienskappe bekend buiten sy wentelbaan en massa. Dit wentel elke 168 dae om die ster en het ’n minimum massa van 4,3 aardmassas, wat beteken dit is ’n superaarde.

As dit ’n aardagtige atmosfeer het, sal die temperatuur op die oppervlak sowat 70 °C (343 K) wees. Teen dié temperatuur sou net termofiele op Aarde kon oorleef.

Sien ook Bewoonbare sone Superaarde

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone