Die Klas 1 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Voordat dit deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in 1912 geherklassifiseer is, was dit by die Natalse Regeringspoorweë as 'n "Klas B" lokomotief bekend.

Klas 1 Hierdie klas het sy oorsprong in die Natalse Regeringspoorweë. Die klas is ontwerp deur die Hoofingenieur D.A. Hendrie vir NGR as die eerste tenderlokomotief. Hulle was op daardie stadium die kragtigste en het oor 'n langer reikafstand beskik as die bestaande tenklokomotiewe. Vyftig van die lokomotiewe is afgelewer deur North British Locomotive Company in 1904 en 1905. Op daardie stadium was hulle bekend as die tipe Hendrie B. Hulle was toegerus met Walschaerts-klepratwerk wat met D-kleppe gewerk het. Toe die NGR deel van die SAS&H word, is die lokomotief as Klas 1 hergeklassifiseer. pp. 34-35

Klas 1A Daar is later nog 21 van die lokomotiewe bestel van dieselfde vervaardiger wat afgelewer is in 1910. Die lokomotiewe se stoomketel was gelig met 32 mm. Hulle was binne die NGR bekend as tipe Improved Hendrie B en later het die SASH hulle geklassifiseer as Klas 1A.

Die lokomotiewe is aanvanklik op die Durban - Pietermaritzburg-hooflyn gebruik en was die eerste om die heen-en-weer tog binne een dag te voltooi. Van die lokomotiewe het ook op die Port Elizabeth-hooflyn gewerk. Hulle is later slegs vir rangeerdoeleindes gebruik en almal is uit diens onttrek in 1975.

Klas 1B Gedurende 1906 is ses van die lokomotiewe verbeter vir gebruik op passasiersdienste. Twee wiele is onder die kajuit geplaas wat die wielkonfigurasie van 4-8-0 na 4-8-2 verander het. Dit het hulle die eerste 4-8-2 tenderlokomotief in die wêreld gemaak. Die lokomotiewe is herklassifiseer as Klas 1B. Tussen 1926 en 1928 is die ekstra wiele verwyder en die klassifikasie terug verander na Klas 1.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine