Kepler-22b is ’n eksoplaneet van die klas G-ster Kepler-22. Dit is sowat 600 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 2011 deur Nasa se Kepler-ruimteteleskoop ontdek en was die eerste bekende eksoplaneet wat voor sy ster verbybeweeg wat in die bewoonbare sone van ’n Sonagtige ster ontdek is.Kepler-22b: Facts About Exoplanet in Habitable Zone Kepler-22b se radius is sowat 2,4 keer dié van die Aarde. Sy massa en samestelling is onbekend.

Ontdekking en waarneming Die planeet se eerste oorgang voor sy moederster is op 12 Mei 2009 gedoen, op die derde dag dat die Kepler-ruimteteleskoop in werking was. Die derde oorgang is op 15 Desember 2010 waargeneem. Die bevestiging van die planeet se bestaan is op 5 Desember 2011 aangekondig.

Die enigste parameters van die planeet wat tans bekend is, is sy wentelperiode, wat 290 dae is, en sy wentel-inklinasie van sowat 90°. Omdat baie eksoplanete hoogs elliptiese wentelbane het, is dit moontlik dat die planeet net tydens ’n klein deel van sy wentelbaan in die bewoonbare sone is – dan kan die temperatuurverskille dalk te groot wees vir die instandhouding van lewe.

Nog metodes van planeetopsporing, soos radiale snelheid, sal eers gebruik moet word om nog inligting in te samel voordat meer oor die planeet bekend sal wees.

Bewoonbaarheid thumb|links|260px|Die Kepler-22-stelsel in vergelyking met ons sonnestelsel. Die gemiddelde afstand van Kepler-22b van sy moederster af is sowat 15% nader as die afstand tussen die Aarde en die Son, maar die ster se ligsterkte is sowat 25% minder as die Son s'n. Hierdie kombinasie van ’n korter gemiddelde afstand en kleiner sterligsterkte dui op ’n matige oppervlaktemperatuur, indien daar nie ’n groot kweekhuiseffek op die planeet is nie.

Klimaat Wetenskaplikes raam die moontlike oppervlaktoestande soos volg: In die afwesigheid van ’n atmosfeer sal die planeet se ewewigstemperatuur (as sy albedo met die Aarde s’n ooreenstem) sowat 262 K (-11 °C) wees, in vergelyking met die Aarde se 255 K (-18 °C). As die planeet ’n soortgelyke kweekhuiseffek as die Aarde het, sal dit ’n gemiddelde oppervlaktemperatuur van hê."NASA Telescope Confirms Alien Planet in Habitable Zone". Space.com. 12 Mei 2011 As die kweekhuiseffek met Venus s’n ooreenstem, sal die gemiddelde oppervlaktemperatuur sowat wees.

Sien ook Bewoonbare sone Superaarde

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone Kategorie:Eksoplanete ontdek deur Kepler