Die Klas 2 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in die vorige eeu gebruik is. Voordat dit deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë in 1912 herklassifiseer is, was dit deur die Natalse Regeringspoorweë as 'n "Klas A" lokomotief bekend.

Klas 2 Die klas is ontwerp deur D.A. Hendrie vir die Natalse Regeringspoorweë om op passasiersroetes tussen Ladysmith en Charlestown diens te doen. Twee lokomotiewe is in 1905 deur die North British Locomotive Company afgelewer. Die lokomotiewe is toegerus met Stephenson-klepratwerk. Hulle was aanvanklik bekend as tipe Hendrie A in die NGR, maar is later as Klas 2 deur die SAS&H geklassifiseer.

Klas 2C Nog lokomotiewe is benodig om op hierdie gedeelte van die trajek te werk en twee is deur die Natalse Regeringspoorweë in hulle Durbanse werkswinkels gebou. Hulle was soortgelyk aan die tipe Hendrie A, maar was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en die kajuit was meer toegebou. Die lokomotief was bekend as Hendrie C by die NGR en is deur die SAS&H as Klas 2C geklassifiseer. Die lokomotiewe het later diens gedoen op die Witwatersrand en het uiteindelik op die Waterval-Boven – Komatipoorttrajek beland waar hulle in 1936 uit diens gestel is. pp. 35-36

Daar was nooit Klasse 2A en 2B nie.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine Kategorie:Stephenson-klepratwerk