Gliese 667 Cc is ’n bewoonbare eksoplaneet na aanleiding van sy afstand van sy ster, wat lei tot temperature waarby vloeibare water op die oppervlak kan bestaan. Die ster, Gliese 667 C, is lid van Gliese 667, ’n driedubbele sterstelsel. Die ster is sowat 22,7 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Skerpioen.

Die planeet het ’n massa van sowat 4,39 aardmassas en word geklassifiseer as ’n superaarde (’n planeet van tussen een en tien aardmassas).

Die ster Gliese 667 C het minstens sewe planete en drie van hulle, almal aardplanete, ook Gliese 667 Cc, is in die bewoonbare sone. Laasgenoemde lê aan die binneste rand van die bewoonbare sone en wentel elke 28,155 dae om die ster. Dit sal sowat 90% van die lig kry wat die Aarde van die Son kry, hoewel ’n groot deel daarvan in die onsigbare infrarooideel van die spektrum val.

Sien ook Bewoonbare sone Superaarde

Verwysings

Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone