Gliese 163 c is moontlik ’n bewoonbare eksoplaneet, na aanleiding van sy afstand van sy ster, wat lei tot temperature waarby vloeibare water op die oppervlak kan bestaan. Die ster, Gliese 163, is ’n rooidwerg. Dit is sowat 49 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Swaardvis.

Gliese 163 c is een van drie planete in die stelsel. Met ’n massa van minstens 7,2 keer dié van die Aarde, word dit geklassifiseer as ’n superaarde (’n planeet van tussen een en tien aardmassas).

Sien ook Bewoonbare sone Superaarde

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Superaardes in die bewoonbare sone