Die Klas 21 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir werk op 60-pond spore beperk tot asladings van 15 ton. Hierdie klas het geen subklasse nie en was toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Daar was slegs een lokomotief van die klas gebou en wel deur North British Locomotive Company. Die lokomotief is in 1937 in diens gestel in die Oos-Transvaal en uit diens gestel in 1952, na 15 jaar diens.
Bron Locomotives of the South African Railways. Struik. Leith Paxton & David Bourne.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine