Die Klas 20 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp deur A.D. Watson, Hoofmeganiese Ingenieur van die SAS&H in 1934, om goedere te vervoer in Suidwes-Afrika. Die lokomotief was 'n hibried: die stoomketel was dié van 'n Klas 19A-stoomlokomotief, die dryfwiele was van 'n onttrekte Klas 8-stoomlokomotief en die res van die lokomotief was ingevoer. Die lokomotief is gebou in SAS&H se werkswinkels in Salvokop, Pretoria en in diens gestel in 1935. Die goederetreine in Suidwes-Afrika was egter nie swaar genoeg vir die kragtige lokomotief nie en dus het hy in Pretoria en omgewing gewerk.

duimnael|links|260px|Nommer 2485 met die eksperimentele kondenseerder in 'n werkswinkel te Pretoria. In 1948 is daar besluit om met 'n kondenseerder te eksperimenteer en een is bestel van Henschel & Son in Duitsland. Die eksperiment was suksesvol en dit het gelei tot die Klas 25-stoomlokomotief. Die Klas 20 is uit diens gestel in 1962.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine