Die Klas 18 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp om die probleme met die steenkooltreine op die Witbank - Germistontrajek op te los. Hierdie klas het geen subklasse nie. Die Klas MF Mallet-stoomlokomotief wat eers hier gebruik is, was te stadig.

Daar is twee lokomotiewe deur Henschel gebou en afgelewer in 1927. Die lokomotiewe het drie silinders gehad; twee aan die kante toegerus met Walschaerts-klepratwerk en 'n derde in die middel met Gresley klepratwerk. Die klepratwerk het egter baie probleme gegee en die lokomotiewe is onttrek in 1951.

Galery

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine