Die Klas 17 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is vir rangeerwerk. In 1926 was daar 'n tekort aan rangeerlokomotiewe en 21 Klas A 4-8-2 T tenklokomotiewe, oorspronklik gebou deur Dübs and Co tussen 1890 en 1900, was aangepas vir hierdie tipe werk. 'n Kolewa is bygevoeg en die oorspronklike kolehouer is verwyder. Hierdie lokomotiewe het diens gedoen in Durban en Port Elizabeth en is in 1961 onttrek.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine