Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is.
duimnael|links|Twee verpleegsters by Mayinga N'Seka, wat twee dae later weens ernstige inwendige bloeding oorlede is. duimnael|Ebola-epidemie in Wes-Afrika 2014 duimnael|Epidemiese verspreiding van Ebola in Guinee, Liberië en Sierra Leone in die somer van 2014 Die siekte word deur kontak met die bloed of liggaamlike vloeistowwe van 'n besmette dier (tipies ape of vrugtevlermuise) opgedoen. Dit word nie natuurlik deur die lug oorgedra nie. Daar word geglo dat vrugtevlermuise die virus versprei sonder om self daardeur beïnvloed te word. Sodra menslike besmetting voorkom, kan die siekte verder tussen mense versprei. Manlike oorlewendes kan die siekte vir byna twee maande daarna deur semen oordra.
Ten einde 'n diagnose te maak, moet ander siektes met soortgelyke simptome soos malaria, cholera en ander virale hemorragiese koors eers geëlimineer word. Bloedmonsters kan dan vir virale teenliggaampies, virale RNS, of vir die virus self getoets word om die diagnose te bevestig.
Simptome Simptome begin tussen twee dae en drie weke, maar gewoonlik tussen 4 en 10 dae nadat die virus opgedoen is. Dit sluit koors, seerkeel, spierpyne en hoofpyn in. Die koors is gewoonlik hoër as 38.3°C. Simptome soos naarheid, braking, en diarree volg meestal, terwyl die werking van die lewer en niere begin afneem. Op die punt begin sommige mense probleme met bloeding te ondervind.
Herstel en sterftes Herstel kan tussen 7 and 14 dae begin na die eerste simptome. Sterftes, as gebeur, is gewoonlik 6 tot 16 dae na die eerste simptome en is gewoonlik veroorsaak deur lae bloeddruk van verlies van vloeistof. Oor die algemeen kan bloedverlies tot die dood lei. Mense gaan gewoonlik in 'n koma in.
Diegene wat oorleef, het gereeld spier- en gewrigspyn, verminderde gehoor, moegheid, swakheid, verminderde aptyt en moeilikheid om gewig op te tel. Probleme met visie mag ontwikkel.
Oorlewendes ontwikkel teenliggaampies teen Ebola wat minstens 10 jaar duur, maar dit is onduidelik of hulle immuun teen addisionele infeksies is.
Verwysings
Bibliografie
Kategorie:Ebola Kategorie:Seksueel oordraagbare siektes