Die Russiese Vloot (Russies: Военно-морской флот Российской Федерации (ВМФ России), Wojenno-morskoi flot Rossiiskoi Federatsii, letterlik: "Militêr-maritieme Vloot van die Russiese Federasie") is die vloottak van die Gewapende Magte van die Russiese Federasie. Die internasionale aanduiding vir die Russiese vlootskepe is "RFS" - "Russian Federation Ship".
Die Russiese Vloot in sy huidige vorm is in Januarie 1992 gestig en volg die Sowjetvloot op ná die ontbinding van die voormalige Sowjetunie teen die einde van die Koue Oorlog in Desember 1991. Die vloot as deel van die Russiese Keiserryk is aanvanklik in 1696 deur Pieter die Grote gestig.
Die Russiese Vloot besit die meeste toerusting van die voormalige Sowjetvloot en is verdeel in die Noordelike (Arktiese) Vloot, Stille Oseaan-vloot, Swartseevloot, Oosseevloot, Kaspiese Flottielje, Vlootlugvaart, Vlootinfanterie en die Kusartillerie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Rusland Kategorie:Vlote