duimnael|125px|’n Houtmodel van ’n dienskneg uit die 11de tot 12de Dinastie. Die 12de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie XII geskryf) is omstreeks 1976 v.C. gestig deur Amenemhat I, die adviseur van die laaste koning van die 11de Dinastie. Hy het die hoofstad van Thebe na Memphis geskuif waar hy ’n nuwe stad met die naam "Amenemhat-itj-tawy" ("Amenemhat, die veroweraar van die Twee Lande"), of kortweg Itjtawy, laat bou het.
Die 12de Dinastie word saam met die 11de, 13de en 14de Dinastie beskou as die Middelryk van Egipte.
Heersers Bekende farao's van die 12de Dinastie was:Aidan Dodson, Dyan Hilton: The Complete Royal Families of Ancient Egypt. The American University in Cairo Press, Londen 2004
! scope=col width="26%" | 24px Farao ! scope=col width="19%" | 24px Horusnaam ! scope=col width="18%" | 24px Bewind ! scope=col width="15%" | 16px Hoofstad ! scope=col width="26%" | 24px Graftombe
| Amenemhat I | Sehetepibre | 1991-1962 v.C. | Itjtawy | Piramide by Lisjt |- | Senoesret I (Sesostris I) | Cheperkare | 1971-1926 v.C. | Itjtawy | Piramide by Lisjt |- | Amenemhat II | Noebkhaoere | 1929-1895 v.C. | Itjtawy | Wit Piramide |- | Senoesret II (Sesostris II) | Chacheperre | 1897-1878 v.C. | Itjtawy | Piramide by el-Lahoen |- | Senoesret III (Sesostris III) | Chakaoere | 1878-1839 v.C. | Itjtawy | Piramide by Dahsjoer |- | Amenemhat III | Nimaatre | 1860-1814 v.C. | Itjtawy | Piramide by Dahsjoer |- | Amenemhat IV | Maacheroere | 1815-1806 v.C. | Itjtawy
| Koningin Sobekneferoe | Sobekkare | 1806 v.C. | Itjtawy
Egiptoloë beskou die 12de Dinastie as die hoogtepunt van die Middelryk. Die volgorde van sy heersers is bekend uit verskeie bronne: twee lyste in tempels by Abydos en een by Saqqara, sowel as Manetho se werk.
In dié tyd is ’n paar letterkundige werke geskryf wat tydens die hele Egiptiese geskiedenis bekend sou bly, soos die verhaal van Sinuhe en van Wenamun. Die beeldhoukuns in dié tyd was ook besonder realisties en die piramides van die dinastie se farao's is gebou by Dahsjoer, Lisjt, Hawara en el-Lahoen.
Tydlyn
Verwysings
12