duimnael|250px|Noe, die verpersoonliking van die oerwaters, lig die songod, Ra, se boot op met die skepping. duimnael|250px|’n Replika van die "Boek van die Dooies".

Egiptiese mitologie is die versameling mites van Antieke Egipte wat die optrede van die Egiptiese gode beskryf as ’n manier om die wêreld te verstaan. Mites verskyn dikwels in antieke geskrifte en kuns, veral in godsdienstige materiaal soos gesange, rituele tekste, begrafnistekste en tempelversierings. Dié bronne bevat selde ’n volledige weergawe van ’n mite en beskryf dikwels net ’n kort deel daarvan.

Die Egiptenare het, geïnspireer deur die siklusse in die natuur, die huidige tyd beskou as ’n reeks herhalende patrone, terwyl die vroegste periodes in tyd lineêr was. Mites speel af in die vroegste tye en bepaal die patroon vir die siklusse van die hede. Huidige gebeure herhaal die gebeure in die mites en hernu so maät, die basiese orde van die heelal. Van die belangrikste episodes van die mitiese verlede is die skeppingsmites waarin die gode die heelal uit ’n oerchaos vorm; die verhale van die bewind van die songod, Ra, op aarde; en die Osiris-mite oor die gevegte van die gode Osiris, Isis en Horus teen die ontwrigtende god Set. Gebeure in die teenswoordige tyd wat as mites beskou kan word, is Ra se daaglikse reis deur die wêreld en die ander kant van die wêreld, die Doeat of onderwêreld. Herhalende temas in die mites sluit in die konflik tussen die handhawers van maät en die magte van wanorde, die belangrikheid van die farao om maät te handhaaf en die voortdurende dood en opwekking van die gode.

Die besonderhede van hierdie mites verskil grootliks van verhaal tot verhaal en lyk dikwels of dit mekaar weerspreek. Egiptiese mites is hoofsaaklik metafories, en vertel van die gees en gedrag van die gode in terme wat die mens kan verstaan. Elke weergawe van ’n mite verteenwoordig ’n ander simboliese perspektief, en so word Egiptenare se begrip van die gode en die wêreld verryk.

Mitologie het die Egiptiese kultuur in ’n groot mate beïnvloed. Dit het baie godsdienstige rituele geïnspireer of beïnvloed en die ideologiese basis geskep vir koningskap. Tonele en simbole uit mites het in graftombes, tempels en op juweliersware verskyn. In die letterkunde is mites of elemente daarvan gebruik in ’n groot verskeidenheid verhale.

Oorsprong Die oorsprong van die Egiptiese mitologie is moeilik om na te speur. Egiptoloë moet opgevoede raaiskote waag oor die vroegste fases, gebaseer op geskrewe tekste wat heelwat later geskep is.Anthes in Kramer 1961, bl. 29–30 Een duidelike invloed is die Egiptenare se omgewing. Die son kom elke dag op, bring lig na die land, bepaal menslike bedrywighede en gaan weer onder; elke jaar oorstroom die Nylrivier se oewers en so word die grond se vrugbaarheid, waarvan die Egiptiese beskawing afhanklik is, herstel. Die Egiptenare het dus die son en water beskou as simbole van die lewe en het aan tyd gedink as ’n reeks natuurlike siklusse.

Hierdie ordelike patroon was voortdurend onderhewig aan die moontlikheid van ontwrigting: lae vloede het dikwels tot hongersnood gelei en hoë vloede tot die oorstroming van gewasse en geboue.David 2002, bl. 1–2 Die gasvrye Nylvallei was omring deur droë woestyne en volke wat die Egiptenare as onbeskaafde vyande van orde beskou het.O'Connor, David, "Egypt's View of 'Others'", in Tait 2003, bl. 155, 178–179 Om dié redes het die Egiptenare hul land beskou as ’n geïsoleerde plek van stabiliteit, of maät, omring en bedreig deur chaos. Hierdie temas – orde, chaos en vernuwing – kom herhaaldelik voor in godsdienstige idees.Tobin 1989, bl. 38–39

Nog ’n bron van die mites kan rituele wees. Baie rituele verwys na mites en is soms regstreeks op hulle geskoei.Morenz 1973, bl. 81–84 Dit is egter moeilik om te bepaal of ’n kultuur se mites voor die rituele ontstaan het, of omgekeerd.Baines 1991, bl. 83 Vrae oor hierdie verband tussen mites en rituele het gelei tot talle besprekings onder Egiptoloë en geleerdes van vergelykende godsdiens in die algemeen. In Antieke Egipte gaan die vroegste bewyse van godsdienstige praktyke geskrewe mites vooraf. Rituele vroeg in die Egiptiese geskiedenis sluit min motiewe uit mites in. Daarom reken sommige geleerdes rituele het voor mites ontstaan. Maar omdat bewyse so skaars is, sal die vraag seker nooit vir seker beantwoord word nie.

’n Groot deel van die Egiptiese mitologie bestaan uit oorspronklike mites, wat die begin van verskeie elemente in die wêreld verduidelik, insluitende menslike instellings en natuurverskynsels. Koningskap het aan die begin van die skepping onder die gode ontstaan en is later oorgedra aan die menslike farao's; oorlogvoering het ontstaan toe mense teen mekaar begin veg het nadat die songod hom na die lug onttrek het.Assmann 2001, bl. 113, 115, 119–122 Mites beskryf ook die veronderstelde oorsprong van minder basiese tradisies. In ’n minder belangrike episode word Horus kwaad vir sy ma, Isis, en sny haar kop af. Isis vervang dit met die kop van ’n koei. Dit verduidelik hoekom Isis soms uitgebeeld is met horings as deel van haar hoofbedekking.Griffiths, J. Gwyn, "Isis", in Redford 2001, vol. II, bl. 188–190

Sommige mites kon geïnspireer gewees het deur historiese gebeure. Die vereniging van Egipte onder die farao's aan die einde van die predinastiese tydperk (omstreeks 3100 v.C.) het die koning die fokus van die Egiptiese godsdiens gemaak, en die ideologie van koningskap het dus ’n belangrike deel van die mitologie geword.Anthes in Kramer 1961, bl. 33–36 Net ná die vereniging het gode wat eers plaaslike beskermingsgode was, landwyd belangrik geword en nuwe verbintenisse is geskep om die plaaslike gode te verenig in ’n nasionale tradisie. Egiptiese bronne verbind die mitiese stryd tussen die gode Horus en Set met die konflik tussen Bo- en Benede-Egipte in die laat predinastiese of vroeë Vroegdinastiese Tydperk.Meltzer, Edmund S., "Horus", in Redford 2001, vol. II, bl. 119–122

Ná hierdie vroeë tydperke het die meeste veranderings in die mites ontstaan uit die aanpassing en ontwikkeling van vroeëre mites eerder as nuwe konsepte, hoewel daar uitsonderings was.Bickel in Johnston 2003, bl. 580 Baie geleerdes glo die mite van die songod wat hom na die lug onttrek en die mense los om teen mekaar te veg, is geïnspireer deur die verbrokkeling van gesag en nasionale eenheid aan die einde van die Ou Ryk (omstreeks 2686-2181 v.C.).Assmann 2001, bl. 116 In die Nuwe Ryk (omstreeks 1550-1070 v.C.) het minder belangrike mites ontwikkel om gode soos Jam en Anat wat aan die godsdiens van Kanaän ontleen is. In teenstelling daarmee het die kulture van Antieke Griekeland en Rome tydens die Ptolemeïese Tydperk (332 v.C.-641 n.C.) min invloed gehad op die Egiptiese mitologie.Meeks en Favard-Meeks 1996, bl. 49–51

Inhoud en betekenis duimnael|250px|Die lug uitgebeeld as ’n koeigodin wat deur ander gode opgehou word. Die beeld kombineer verskeie visies van die lug wat naas mekaar bestaan het: as ’n dak, die oppervlak van die see, ’n koei en ’n godin in menslike vorm.Anthes in Kramer 1961, bl. 18–20 Min volledige stories verskyn in Egiptiese mitologiese bronne. Die bronne bevat dikwels niks meer as illusies van die gebeure waaroor hulle handel nie, en tekste wat wel vertellings bevat, vertel net ’n deel van ’n groter storie. Vir elke mite het die Egiptenare dus net algemene riglyne van die storie gehad, en hulle het daaruit geput vir die vertelling van spesifieke gebeure.Tobin 1989, bl. 38–39 Die gode is ook nie goed gedefinieerde karakters nie, en die motivering vir hul soms strydige optrede word selde gegee.Assmann 2001, bl. 112 Egiptiese mites is dus nie volledig ontwikkelde verhale nie. Hul belangrikheid lê in hul onderliggende betekenis, nie hul eienskappe as stories nie. As sulks bly hulle buigsaam en nie-dogmaties.Tobin 1989, bl. 18, 23–26

Die mites is so buigsaam dat hulle mekaar dikwels weerspreek. Baie beskrywings verskyn in die Egiptiese mitologie oor die skepping van die heelal en die bewegings van die son, en van hulle verskil grootliks van mekaar.Hornung 1992, bl. 41–45, 96 Die verhoudings tussen gode is nie spesifiek nie, sodat die godin Hathor byvoorbeeld die ma, vrou of dogter van die songod Ra kan wees.Vischak, Deborah, "Hathor", in Redford 2001, vol. II, pp.82–85 Verskillende gode kan selfs gekombineer of verbind word as ’n enkele wese. Die skeppergod Atoem en Ra is byvoorbeeld dikwels gekombineer om Ra-Atoem te vorm.Anthes in Kramer 1961, bl. 24–25

’n Algemene rede wat dikwels voorgestel word vir die feit dat die mites nie eenvormig is nie, is dat mites van tyd tot tyd en van plek tot plek verskil het.Allen 1989, bl. 62–63 Die plaaslike kultus van verskeie gode het teologieë ontwikkel wat om hul eie gode sentreer het.Traunecker 2001, bl. 101–103 Namate die invloed van verskillende kultusse geskuif het, het sekere mitologiese stelsels nasionale dominansie verkry. In die Ou Ryk (omstreeks 2686–2181 v.C.) was die belangrikste van dié stelsels die kultusse van Ra en Atoem, wat in Heliopolis gesentreer was. Hulle het ’n mitiese familie, die Ennead, gevorm wat die wêreld sou geskep het. Dit het die belangrikste gode van dié tyd ingesluit, maar Atoem en Ra was die belangrikstes.David 2002, bl. 28, 84–85 Nuwe godsdienstige idees het ook vervleg geraak met ou idees. So is in Memphis geglo Ptah, wie se kultus in dié stad gesentreer was, was die skepper van die wêreld. Ptah se skeppingsmite inkorporeer ouer mites deur aan te voer dit is die Ennead wat Ptah se skeppingsbevele uitgevoer het.Anthes in Kramer 1960, bl. 62–63 Volgens dié mites is Ptah dus ouer en magtiger as die Ennead. Baie geleerdes beskou dit as ’n politieke poging om die meerderwaardigheid van Memphis se gode bo dié van Heliopolis te bewys.Allen 1989, bl. 45–46 Deur begrippe so te vermeng, het die Egiptenare ’n uiters ingewikkelde stel gode en mites geskep.Tobin 1989, bl. 16–17

Bronne Die beskikbare bronne oor Egiptiese mitologie wissel van stemmige gesange tot vermaaklike stories. Sonder ’n enkele kanonieke weergawe van enige mite het die Egiptenare die breë tradisies van mitologie aangepas om in te pas by die uiteenlopende doeleindes van hul geskrifte.Traunecker 2001, bl. 1–5 Die meeste Egiptenare was ongeletterd en het dalk daarom ’n uitgebreide mondelinge tradisie gehad, en so is mites deur verbale storievertellings oorgedra. Susanne Bickel stel voor dié tradisie is die rede dat baie bronne oor mites sulke min inligting verskaf: al die Egiptenare het reeds die mites geken.Bickel in Johnston 2003, bl. 379 Baie min van hierdie orale tradisie het behoue gebly en moderne kennis oor Egiptiese mites kom uit geskrewe tekste en beelde. Net ’n klein deel van hierdie bronne het bewaar gebly en baie van die mitologiese inligting wat neergeskryf is, het dus verlore gegaan.Baines 1991, bl. 100–104

Godsdiensbronne Baie gode verskyn in kunswerke uit die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte (omstreeks 3100–2686 v.C.), maar baie min van die gode se optrede kan hieruit afgelei word omdat die kunswerke baie min skryfwerk bevat. In die Ou Ryk het Egiptenare meer geskryf en uit die periode kom die eerste groot bron: die Piramidetekste. Dit is ’n versameling van verskeie honderd towerspreuke wat vanaf die 24ste eeu v.C. aan die binnekant van piramides uitgekerf is. Dit was die eerste Antieke Egiptiese begrafnistekste wat moes verseker die farao wat daar begrawe is, se lewe in die hiernamaals is veilig. Baie van die towerspreuke verwys na die mites wat met die hiernamaals verband hou, insluitende die skeppings- en Osiris-mite. Baie van die verhale is waarskynlik ouer as hul eerste geskrewe weergawes, en dit gee ’n kykie op die vroeë stadiums van die Egiptiese godsdiens.Pinch 2004, bl. 6–11

duimnael|250px|links|’n Tempelversiering by Dendera wat die godinne Isis en Nephthys uitbeeld waar hulle waak oor die lyk van hul broer, Osiris.