Stephan Lewies (gebore in Pretoria, 27 Januarie 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Sharks as slot speel in die Curriebeker en die Superrugbyreeks.
Loopbaan Jeug Hy het altesaam 33 wedstryde vir die Sharks o.19 span in 2011 en vir die Sharks o.21s in 2012 en 2013 gespeel.
Natal Sharks Hy was ingesluit in die Sharks XV Vodacombeker-span in 2012 en maak 'n laat plaasvervangerverskyning in hul wedstryd teen die Boland-Kavaliers in Malmesbury. Nog 'n plaasvervangerverskyning volg, hierdie keer in 'n tuiswedstryd teen die Vrystaat om die Vodacombeker.
Hy maak sy Curriebekerbuiging gedurende die 2013-seisoen, toe hy in die wedstryd teen die Goue Leeus in die beginvyftiental opgedraf het. Hy bly in die span vir die res van die seisoen, begin in twee wedstryde en kom driekeer op as 'n plaasvervanger, insluitend in die Curriebeker-eindstryd, waar hy bygedra het tot die Natalse Haaie se oorwinning oor die Westelike Provinsie met 33-19.
Lewies was ook ingesluit in die Sharksspan vir die 2014 Superrugby-seisoen en het sy debuut gemaak in 'n 31-16 oorwinning teen die Bulls in Durban.
Springbokdebuut
Toe Bakkies Botha nie beskikbaar is nie en Flip van der Merwe beseer is, het die Springbokafrigter Heyneke Meyer Lewies gekies vir die tuistoets teen Skotland. Lewies het sy toetsbuiging op 28 Junie 2014 gemaak deur afloskaptein Victor Matfield te vervang, tydens die 55-6 oorwinning oor Skotland in die Baai.
Eksterne skakels
itsrugby.co.uk profiel
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Hoërskool Eldoraigne