duimnael|links|Die Amerikaanse Marienekorps se Stildrilspan met M1-gewere duimnael|M1-Garand vertoon met 'n aanknip-ammunisiemagasyn by die VS-Leërmuseum te Hawaii Die M1 GarandAmptelik aangewys as die Amerikaanse geweer, .30 kaliber, M1, later net genoem Geweer, .30 Kaliber, M1, ook genoem US Rifle, Cal. .30, M1 is 'n .30 kaliber halfoutomatiese geweer wat die VSA se diensgeweer was tydens die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse Oorlog (dit het ook 'n beperkte diens gelewer tydens die Viëtnamoorlog). Die meeste M1-gewere was uitgereik aan die Amerikaanse Gewapende Magte, hoewel baie honderdduisende ook as buitelandse hulp aan Amerika se bondgenote gelewer is. Die Garand word nog steeds gebruik deur drilpeletons en militêre erewagte. Dit word ook wyd gebruik deur siviele persone vir jag, skyfskiet, en as 'n militêre versamelstuk.

Die M1 het die slotaksie-M1903-Springfield as die standaard-Amerikaanse diensgeweer in die middel van die 1930's vervang, en is self deur die selektiewevuur-M14-geweer in die vroeë 1960's vervang.

Die M1-geweer is genoem na sy ontwerper, John Garand. Dit was die eerste standaarduitgawe semi-outomatiese militêre geweer.Hogg, Ian V., & Weeks, John. Volgens alle verslae het die M1-geweer met lof gedien. Generaal George S. Patton noem dit "die grootste gevegswapen wat ooit uitgedink is".HISTORY OF THE SPRINGFIELD ARMORY Springfield Armory National Historic Site

Notas

Verwysings

Kategorie:Vuurwapens