Die .30-06 Springfieldpatroon (uitgespreek "dertig-nul-ses"), metries 7,62 × 63mm en die sogenaamde "30 gov't 06" deur Winchester, is in 1906 in gebruik geneem in die Verenigde State deur die Amerikaanse Weermag, en is later gestandaardiseer. Dit het wêreldwyd in gebruik gebly tot in die vroeë 1970's.

Die ".30" verwys na die kaliber van die koeël, en die "06" verwys na die jaar wat die patroon in gebruik geneem is, 1906. Die 30-06 was vir byna 50 jaar die Amerikaanse Leër se primêre geweer- en masjiengeweerpatroon totdat dit vervang is deur die 7,62 × 51mm NAVO (kommersiële .308 Winchester) en 5,56 × 45mm NAVO, wat albei in die huidige VSA en NAVO diens bly.

Dit is steeds 'n baie gewilde sportskietpatroon, met ammunisie wat deur al die groot vervaardigers gemaak word.

Sien ook M1 Garand-geweer R1-geweer .308 Winchester

Kategorie:Wapens