Die Mikojan-Goerewitsj MiG-15 (Russies: Микоян и Гуревич МиГ-15) is 'n straalvegvliegtuig ontwikkel deur die Mikojan-Goerewitsj Ontwerpburo in Moskou vir die Sowjetlugmag. Die MiG-15 was een van die eerste suksesvolle swiepvlerkstraalvegters, en het bekendheid verwerf in die lugruim oor Korea, waar dit reeds vroeg in die oorlog al die reguitvlerkvegters van sy vyande, soos die Amerikaanse P-80 Shooting Star, uitoorlê het.

In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) was na die MiG-15 as die Fagot verwys. Die vliegtuig is sedertdien onttrek aan Russiese diens en is vervang met die MiG-17. duimnael|regs|280px|'n MiG-15 waarop beslag gelê is, staan in 'n Amerikaanse museum

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Verwysings

Kategorie:Mikojan Kategorie:Russiese wapentuig Kategorie:Vegvliegtuie