duimnael|Panspermie stel voor dat organismes soos bakterieë, kompleet met hul DNS, deur middel van komete deur die ruimte na planete, insluitend die Aarde, vervoer kan word. Panspermie is die hipotese dat mikrobes in die heelal lewe oordra na bewoonbare planete in die ruimte (soos die aarde). Hierdie hipotese word gebruik om die ontstaan van lewe op aarde te probeer verklaar omdat dit so hoogs onwaarskynlik is dat lewe per toeval ontstaan het. Fred Hoyle het byvoorbeeld die volgende gesê:

"The likelihood of the formation of life from inanimate matter is one to a number with 40,000 naughts after it … It is big enough to bury Darwin and the whole theory of evolution. There was no primeval soup, neither on this planet nor any other, and if the beginnings of life were not random, they must therefore have been the product of purposeful intelligence."Fred Hoyle, soos aangehaal deur Lee Elliot Major, “Big enough to bury Darwin”. Guardian (UK) education supplement, Donderdag 23 Augustus 2001; http://education.guardian.co.uk/higher/physicalscience/story/0,9836,541468,00.htmlHoyle gebruik 'n waarskynlikheid van 1×10-40000. Om dit in perspektief te stel: daar is na beraming (slegs) 1080 atome in die heelal. Dus is die waarskynlikheid baie groter dat jy met een kans alleen 'n spesifieke atoom in die heelal sal uitkies as dat die eerste lewe spontaan sal ontstaan.

Hier volg 'n lys van wetenskaplikes wat panspermie voorstaan:Kyk Panspermia. 1970's: Fred HoyleKyk Big bang critic dies (Fred Hoyle). 25 Januarie 2005: J. Craig Venter onderskryf panspermie. 10 Mei 2007: EO Wilson onderskryf panspermie. 18 April 2008: Richard Dawkins onderskryf panspermie. 7 April 2009: Stephen Hawking onderskryf panspermie.Kyk ET en sy maats kom nie aarde toe om te speel , ET stay home – Stephen Hawking (2010-04-26) , 'Mankind must abandon earth' (2010-08-10) , Hawking: God didn't create universe (2010-09-02) 2 Mei 2009: Freeman Dyson praat gunstig oor panspermie.

Verwysings

Eksterne skakels Aanhalings – Panspermie

Kategorie:Buiteaardse lewe Kategorie:Evolusie Kategorie:Teoretiese fisika