Die Eurofighter Typhoon is 'n tweeling-enjin, kanard-deltavlerk, multirolvegvliegtuig."Benefits to Industry." eurofighter.com. URL besoek: 31 Januarie 2012. Die Typhoon is ontwerp en word vervaardig deur 'n konsortium van drie maatskappye. BAE Systems, Airbus Groep en Alenia Aermacchi, deur 'n gesamentlike houermaatskappy, Eurofighter Jagdflugzeug GmbH, wat in 1986 gestig is. Die projek word bestuur deur die NATO Eurofighter and Tornado Management Agency, wat ook optree as die primêre kliënt."Eurofighter and NETMA Strike Logistics Deal." Jane's Information Group, 2007. URL besoek: 3 Julie 2011.
Toetsvlugte duimnael|300px|regs|Nabyskoot van 'n RAF Typhoon F2, wat die deflekteerde kanardbeheeroppervlak direk onder die vlieënier wys. Die nooiensvlug van die Eurofighter prototipe is op 27 Maart 1994 in Beiere, geloods deur DASA se hoof- toetsvlieënier Peter Weger. Op 9 Desember 2004 het die Eurofighter Typhoon IPA4 begin met drie maande se koue-omgewingsproewe by die Vidsel Lugbasis in Swede, wat ten doel gehad het om die operasionele gedrag van die vliegtuig en sy stelsels in temperature te verifieer.Hastings, David. "Eurofighter Typhoon." targetlock.org, 6 Oktober 2009. URL besoek: 12 Oktober 2009. Die eerste vlug van die instrumentasieproduksievliegtuig 7 (IPA7), die eerste tenvolle toegeruste Tranche 2-vliegtuig, was by EADS se Manching-vliegveld op 16 Januarie 2008.Hoeveler, Wolfdietrich en Phillip Lee. "First Tranche 2 Eurofighter Typhoon Has Flown." eurofighter.com, 2009. URL besoek: 12 Oktober 2009.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Verwysings
Kategorie:Vegvliegtuie