In fonetiek staan begrippe soos ronding, ontronding en oorronding as klankverskynsels bekend.
Ronding Ronding is die klankverskynsel waar geronde klanke met geronde lippe uitgespreek word.
Byvoorbeeld, "huil" as "hůil"
Ontronding Ontronding is die klankverskynsel waar geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word.
Byvoorbeeld, "deur" as "deer"
Oorronding Oorronding is die klankverskynsel waar geronde en ongeronde klanke oordrewe gerond uitgespreek word.
Byvoorbeeld, "lyk" as "luik" of "ma" as "mo"
Nasalisering 'n Vokaal en nasale klanke staan langs mekaar; gevolglik neem hulle mekaar se eienskappe aan.
Byvoorbeeld, g"an"s – gans
Assimilasie Assimilasie is die gelykmaking van klanke. Daar word onderskei tussen algehele en gedeeltelike assimilasie
By algehele assimilasie verdwyn die klank heeltemal: Byvoorbeeld, ander word anner hierdie word hierie
By gedeeltelike assimilasie word die klank slegs gewysig: Byvoorbeeld, aanbrand word aambrand onmootlik word ommoontlik
Vokaalreduksie Vokaalreduksie is wanneer enige vokaal wat tydens uitspraak as 'n "i" klank uitgespreek word.
Byvoorbeeld, "kolonel" as "kolinel"
Letteruitspraak Letteruitspraak is die foutiewe uitspraak van 'n woord volgens die spelwyse, wat in stryd is met die beskaaf- en natuurliksprekende moedertaalsprekers se uitspraak.
Byvoorbeeld, hoenderboudjie pleks van hoenerboukie.
Kategorie:Fonetiek