duimnael|links|'n Tak van African Bank op Kerkplein in Pretoria.

African Bank is 'n kommersiële bank in Suid-Afrika. Die bank is deur die Reserwebank van Suid-Afrika as 'n "plaaslik-beheerde bank" gelisensieer. Dit is 'n filiaal die houermaatskappy, African Bank Investments Limited (Abil). Die bank se hoofkantoor is in Midrand, Suid-Afrika geleë. In 2014 het hulle ongeveer 3 miljoen kliënte gehad.

Die bank het in ‘n ses maande periode tot en met Maart 2014 ‘n verlies van R3,1 miljard getoon. Op 10 Augustus 2014 het die president van die reserwebank, Gill Marcus aangekondig dat hulle African Bank onder kuratorskap plaas. Die maatreël is in plek gestel om die bank se deposante, aandeelhouers, krediteure en kliënte te beskerm.African Bank onder kuratorskap geplaas, Maroela Media, 10 Augustus 2014

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste

Kategorie:JSE-genoteerde maatskappye Kategorie:Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse banke