+ Sendingwapen 200px Sendingstatistiek Sendingnaam: Apollo 14 Roepteken: Beheermodule: Kitty HawkMaanmodule: Antares Bemanningslede: 3 Lansering: 31 Januarie 1971om 21:03:02 UTCKennedy Ruimtesentrum LC 39A Maanlanding: 5 Februarie 1971om 09:18:11 UTC3.65°S 17.47°WFra Mauro Maanuitstappies: 9 uur 22 min 31 sek Tyd op die maan: 21 uur 30 min Aardlanding: 9 Februarie 1971 21:05:00 UTC13° 19′ N 169° 9′ W Tydsduur: 9 dae en 2 minute links|70px duimnael|350px|Die bemanning van Apollo 14: Roosa, Shepard en Mitchell. Op die agtergrond is die wapen van die sending.

Apollo 14 was 'n Amerikaanse ruimtesending waarmee nog mense, die Amerikaners Alan Shepard en Edgar Mitchell, op die maan geland het op 5 Februarie 1971 om 09:18:11 UTC.

Verloop van die sending Die Apollo-ruimtetuig is deur 'n Saturn V-vuurpyl gelanseer vanaf Kennedy-ruimtesentrum op Merritt Island, Florida, op 31 Januarie 1971. Apollo 14 was die agtste bemande sending van NASA se Apollo-program.

Shepard en Mitchell het met twee uitstappies vir ongeveer 9 uur en 22 minute buite die ruimtetuig vertoef, en saam het hulle 42,28 kg (93,2 pond) se maanmateriaal versamel om terug te neem aarde toe. Die ander lid van die sending, Stuart Roosa, het alleen in 'n wentelbaan om die maan gewentel in die beheermodule van die ruimtetuig, totdat Shepard en Mitchell later weer na hom teruggekeer het vir hul reis terug na die Aarde.

Details Gelanseer: 31 Januarie 1971 vanaf Kennedy platform 39A Terugkeer: 9 Februarie 1971 Bemanningslede: Alan Shepard, kommandeur; Stuart Roosa, beheermodule-vlieënier; Edgar Mitchell, maanmodule-vlieënier. Beheermodule: Kitty Hawk Maanmodule: Antares Maanlandingsarea: Fra Mauro

Voorafgegaan deur :Apollo 13 Apollo-program Gevolg deur :Apollo 15

Kategorie:Apollo-program