Mmusi Aloysias Maimane (gebore 6 Junie 1980) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en gewese leier van die Demokratiese Alliansie (DA). Hy is in Krugersdorp gebore en het in Dobsonville, Soweto, gewoon en skoolgegaan. Hy is met Natalie getroud en hulle het twee kinders, Kgalaletso en Daniel.

Maimane word in Mei 2014 as parlementslid ingehuldig nadat die DA nie Gauteng, waar hy die premierskandidaat was, kon wen nie. Hy volg op 26 Mei 2014 Lindiwe Mazibuko as parlementêre leier en op 10 Mei 2015 Helen Zille as partyleier op.

Hy bedank op 23 Oktober 2019 weens onduidelike redes as leier van die Demokratiese Alliansie en op 24 Oktober 2019 as opposisieleier in die Nasionale Vergadering. Daar word gespekuleer dat dit te make het met die verkiesing van Zille as die DA-party se nuwe voorsitter van die Federale Raad; sy word as 'n regse element beskou.

Maimane stig die One South Africa Movement in 2020. Hy loods 'n nuwe politieke party, Build One South Africa op 24 September 2022. In 2024 wen BOSA twee setels in die nasionale parlement en Maimane word lid van die parlement.

Verwysings

Eksterne skakels

Mmusi Maimane op die DA se amptelike webwerf

Kategorie:Politici van die Demokratiese Alliansie Kategorie:Suid-Afrikaanse opposisieleiers Kategorie:Geboortes in 1980 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Xhosas Kategorie:Suid-Afrikaanse predikante